ONTHOU BLES BRIDGES SE DOOD 23 JAAR GELEDE – 12 van 23 LIEDJIES

24 Maart 2023 was die 23ste herdenking van die dood van BLES BRIDGES in ‘n motor ongeluk. ESC Covers het besluit om vir 23 dae elke dag een van sy videos te plaas.

Die twaalde liedjie is FIGHT FOR LOVE. In 1986 het Udo Jurgens die liedjie Sperr mich nicht ein vrygestel. Dit was in Duits. ‘n jaar later sing Bles dit in Engels as Fight for love en doen dit baie beter as Udo se oorspronklike. Udo Jurgens het 3 maal vir Oostenryk aan die Eurovision sang fees deelgeneem, 1964, 1965 en 1966. 1966 het hy die Eurovision gewen met Mercie Cherie. Dit was in Duits gesing. Udo het selfs ‘n Japanese opname van die lied gedoen. In 2014 wen Oostenryk vir die tweede maal Eurovision en daarom word dit in 2015 in Wenen aangebied. Amal is baie opgewonde en veral vir Udo wat ‘n groot deel van die verrigtinge sou bywoon. Ongelukkig sterf Udo in Desember 2014 en het hy nie die geleentheid gehad om dit te kon bywoon nie. Ek het egter met behulp van Naomi le Roux by Sony vir Manie Jackson gekry om Fight for love in Afrikaans op te neem en het ‘n kopie van die opname na Wenen geneem en aan Udo se plateaatskappy oorhandig.

Leave a Reply

Your email address will not be published.